Sean Connery

Sean Connery
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Sean Connery in 2008

Geboorte (1930-08-25)25 Augustus 1930
Edinburg, Skotland
Sterfte 31 Oktober 2020 (op 90)
Nassau, Bahamas
Nasionaliteit Skots
Beroep(e) Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sir Thomas Sean Connery (* 25 Augustus 1930 in Edinburg, SkotlandNassau, Bahamas, 31 Oktober 2020) was 'n Skotse akteur en vervaardiger.[1][2]

Connery is veral bekend vir sy vertolking van die geheime Britse agent James Bond; hy het die rol tussen 1962 en 1983 in altesaam sewe rolprente vertolk. Gedurende sy loopbaan het hy ook in 'n reeks ander suksesvolle rolprente soos Marnie, The League of Extraordinary Gentlemen, Indiana Jones and the Last Crusade, The Hunt for Red October, Highlander, Murder on the Orient Express, Dragonheart en The Rock verskyn.

Sy werk as akteur is met 'n aantal toekennings bekroon, waaronder 'n Oscar, twee Baftas en drie Golden Globes. In Julie 2000 is hy tot ridder geslaan. Connery het in 2005 aangekondig dat hy uit die rolprentbedryf tree.

Sean Connery was 'n sterk voorstander van 'n Skotse onafhanklikheid en het die Skotse Nasionale Party finansieel ondersteun. Hy het dit herhaaldelik duidelik gemaak dat hy eers na Skotland se onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk na Skotland sal terugkeer.[3][4]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) "Sean Connery: James Bond actor dies aged 90". BBC. 31 Oktober 2020. Besoek op 31 Oktober 2020.
  3. (en) "Now former Bond star Connery urges Scots to break away from Britain in independence referendum". Mail Online. 2 Maart 2014. Besoek op 31 Oktober 2020.
  4. (en) "Scottish independence is "too good to miss" says actor Sean Connery". Reuters. 3 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2020. Besoek op 31 Oktober 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search